Podchaser Logo
Home
Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

RSG

Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

A podcast
Good podcast? Give it some love!
Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

RSG

Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

Episodes
Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

RSG

Middagvervolgverhaal | VAKANSIE IN BANGKOK deur André Kotzé

A podcast
Good podcast? Give it some love!
Rate Podcast

Episodes of Middagvervolgverhaal

Mark All
Search Episodes...
Karien woon ‘n partytjie by wat sy nie verwag het nie. Skurke kom hul Moses tee. Piet gee terugvoering. Johan kry die ja-woord, maar Gerrit dop ‘n toets in die protokol van die liefde.
Johan raak betrokke by ‘n konfrontasie met Ivan, terwyl Piet asem ophou in Bangkok. Blitspatrollies word op verskeie plekke op bystand geplaas.
Johan haas hom na Bangkok om sy deel van ‘n operasie na te kom, net om ‘n paar harte byna te laat staan. Hy kry ‘n paar verrassings in Bangkok.
Karien en Mariaan kry BBP behandeling in Bangkok. Johan is op pad op ‘n lewensgevaarlike missie, maar Ivan bemerk onraad en steek ‘n stok in die wiel.
Piet, Mariaan en Gerrit ontmoet vir Johan in Macau. Mariaan neem onwillig van Gerrit afskeid wanneer hy terugreis na Bangkok en sy na Suid-Afrika. Sy skok haar ma met ‘n skielike uitnodiging. Ivan vra moeilike vrae vir Johan.
Mariaan soek foto’s, Gerrit soek skurke, Piet soek inligting en Johan soek ‘n bank met ‘n hysbak waarin hy op en af kan ry sodat hy nie saam met Piet gesien word nie.
Gerrit en Mariaan is in die wolke wanneer hulle weer in Hongkong ontmoet, maar moet hulle spioenasietake versigtig benader.
Karien en Mariaan loop hulle vas in sekuriteit by ‘n Karooplaas, maar gaan daarna self agter slot en grendel, om saam met Piet en Johan te besin oor hulle volgende optrede.
Johan kry by Ivan ‘n snaakse opdrag wat niks met sy werk as ouditeur te make het nie. Karien en Mariaan word op ‘n missie na ‘n plaas in die Klein Karoo gestuur.
Ivan en Johan vier Johan se indiensneming en Johan word baie nuwe dinge wys wanneer hy, saam met ‘n aangeklamde Ivan, laatnag sy pa se kantoor besoek, en te veel kwyt raak.
Gerrit moet bontstaan om te keer dat Lydia nie weer in die tronk siek speel nie, en Johan kry ‘n rare Bybel in die hande.
Johan kry ‘n reuse bonus en ‘n onverwagte aanstelling. Piet wonder hardop waarom ‘n mens ‘n vertoonkas in ‘n instapkluis aanhou.
Johan klop Karien laatnag wakker. Piet vind uit hoe die skurk in Mariaan se hotelkamer gekom het en kry sommer twee belangrike dokumente in die hande.
Johan kry onverwags toegang tot die Rheedes se kluis en sien snaakse dinge daar. Mariaan kry weer ‘n dreigbrief, selfs in Singapoer.
Lydia maak ‘n plan om Gerrit vanuit die tronk te skakel, en Mariaan kry kans om met Johan te gesels oor Lydia se liefde vir Johan en haar gevangeneskap in Bangkok.
Johan kry kans om met Ivan se pa alleen te gesels en Mariaan daag vir Gerrit uit om te kies tussen die twee niggies.
Gerrit vertel vir Lydia wat Mariaan alles moes deurmaak tydens haar verblyf in Bangkok, en dan maak hy ‘n onbesonne oproep na die onderwêreld.
Die skurke maak planne om mekaar in die geheim in Hongkong te ontmoet, maar Piet het sy eie planne.
As Mariaan in Suid-Afrika aankom, besef Gerrit en Mariaan eers hoe lief hulle mekaar het. Johan wil slange vang as hy agterkom wat Ivan se houding teenoor Lydia en haar tronkstraf is.
Gerrit se motor, met Mariaan as passasier, word van die pad gedwing en skote word na hulle gevuur. Mariaan is verplig om per taxi lughawe toe te gaan.
Mariaan neem afskeid van Lydia, maar ‘n nare ondervinding wag op pad na die lughawe.
Piet en Gerrit onderskat Mariaan en hulle slaag daarin om haar so kwaad te maak dat sy finaal besluit om Bangkok te verlaat.
Piet besoek Bangkok met briewe vir Lydia, maar loop hom vas in goeie en slegte nuus. Mariaan kom agter dat die skurke alles in verband met Piet se koms na Bangkok weet.
Ivan vergeet iets in Johan se motor en Johan maak die beste gebruik van die kans. Johan hoor vir die eerste keer van ‘n misterieuse plaas in die Klein-Karoo.
Johan kom in Ivan se kluis af op dodelike bewyse van smokkelmisdaad. Mariaan kry ‘n verrassing in haar hotelkamer.
Rate

Join Podchaser to...

  • Rate podcasts and episodes
  • Follow podcasts and creators
  • Create podcast and episode lists
  • & much more

Unlock more with Podchaser Pro

  • Audience Insights
  • Contact Information
  • Demographics
  • Charts
  • Sponsor History
  • and More!
Pro Features