Podchaser Logo
Home
Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Released Monday, 30th August 2021
Good episode? Give it some love!
Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

Monday, 30th August 2021
Good episode? Give it some love!
Rate Episode

Daar word oor die algemeen geglo dat georganiseerde ondersteuningsgroepe ’n moderne verskynsels is, maar eintlik kan die eerste ondersteuningsgroep teruggevoer word na die laat agtiende eeu. ’n Psigiater by ’n psigiatriese hospitaal in Frankryk het begin om voormalige pasiënte as personeel aan te stel wat hulle ervaring met pasiënte kon deel. Dit het vining duidelik geword dat die gemene deler die pasiënte se stories was. Deur hulle stories met ander te deel het daar aanvaarding asook ’n mate van berusting te kom. Die motto was dat “almal dieselfde pyn en afwykings deel; ons reageer net almal op ’n verskillende manier.

Dié tipe ondersteuningsgroepe het in die sewentigerjare begin uitbrei en het meer ontvattend geraak; dit het nie net psigiatriese pasiënte ingesluit nie, maar ook ander morele en sosiale probleme soos verslawing en verlies ingesluit.

Vandag word ondersteuningsgroepe in bykans alle gesondheidsektore voortgestaan. En gesondheidswerkers beskou dié groepe as ’n effektiewe manier om na die gemeenskap uit te reik, om kwaliteit te verbeter en om gesondheidsongelykhede te verminder. Die belangrikste is egter dat mense ondersteuningsgroepe nodig het.

Centurion Hospice het een van die sterkste en grootste ondersteuningsgroepe in Centurion en reik nie net na mense uit wat met lewensbedreigende siektes gediagnoseer is nie, maar ook na dié wat met die pyn en verlies van ’n geliefde so dood moet saamleef.

By ons in die ateljee is Annette Reed, die hoofuitvoerendebeampte van Centurion Hospice en Philip Aucamp, maatskaplike werker van dié hospice

Show More

Unlock more with Podchaser Pro

  • Audience Insights
  • Contact Information
  • Demographics
  • Charts
  • Sponsor History
  • and More!
Pro Features