Podchaser Logo
Home
IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

Released Thursday, 1st December 2016
Good episode? Give it some love!
IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

IN DIE KALAHARI SONDER GEARS

Thursday, 1st December 2016
Good episode? Give it some love!
Rate Episode

In die Kalahri sonder ghêrs, deur Dana Snyman, het in 2004 in die heel eerste uitgawe van Weg verskyn. Dit was die eerste van honderde rubrieke wat oor die afgelope twaalf jaar in Weg en sy susterstydskrifte WegSleep en WegRy gepubliseer is. Saam met Fred Mouton se sketsein sy eie herkenbare styl, het die stories ’n maandelikse instelling geword. ’n Uitgawe sonder een van hierdie stories is so ondenkbaar soos ’n Morkels-advertensie sonder Trudie Taljaard en die twee-jaar-waarborg of ’n Wildtuinvakansie sonder rooibokke.

In die afgelope twaalf jaar is van hierdie rubrieke in drie bundels saamgevat: Waar die Leeus Afrikaans verstaan (2006), Sonbrand en Braaiboud (2009) en Stories (2014). Die onderwerpe is uiteenlopend, maar in elkeen van die stories kan ’n mens jouself of jou vriende en familie raaksien. Die stories raak iets bekends en universeel aan dat dit jou soms wil laat lag, huil of sommer net verlang.

Nou is ’n keur van hierdie stories vir die eerste keer as klankopnames beskikbaar. Die stemme van Waldemar Schultz, Nina Swart en Neels van Jaarsveld blaas nuwe lewe in twee uur se stories oor gesinsvakansies, petroljoggies, goggas, spoke en karre wat lol.

Show More
Rate

Join Podchaser to...

  • Rate podcasts and episodes
  • Follow podcasts and creators
  • Create podcast and episode lists
  • & much more

Episode Tags

Do you host or manage this podcast?
Claim and edit this page to your liking.
,

Unlock more with Podchaser Pro

  • Audience Insights
  • Contact Information
  • Demographics
  • Charts
  • Sponsor History
  • and More!
Pro Features