Podchaser Logo
Home
Ratels | Seisoen 1

RSG

Ratels | Seisoen 1

A Kids, Family and Arts podcast
Good podcast? Give it some love!
Ratels | Seisoen 1

RSG

Ratels | Seisoen 1

Episodes
Ratels | Seisoen 1

RSG

Ratels | Seisoen 1

A Kids, Family and Arts podcast
Good podcast? Give it some love!
Rate Podcast

Episodes of Ratels

Mark All
Search Episodes...
Loekie keer terug Ratels toe, maar kan steeds niks onthou nie. Dan maak Vincent se graad 11-boetie, Zakes, sy opwagting. En hy daag by Ratels op met ‘n groot probleem. En baie moeilikheid.
Velskoen is woedend wanneer hy uitvind wat Zakes gedoen het. Loekie en Bankies breek hulle verlowing. En Zakes besluit om ‘n bekentenis te maak.
Loekie slaag steeds nie daarin om sy geheue te herwin nie. Pauline en Jan-Lourens se verhouding raak ernstig. Dit bekommer Lavinia effens. Velskoen soek dringend raad by Wallies.
Velskoen, Vincent, Pauline en Bankies doen alles in hulle vermoë om die misverstand tussen Wallies en Lavinia uit die weg te ruim. Maar dan boemerang die plan.
Almal bly bekommerd oor wat Velskoen alles oor hulle in RATELS: DIE ROMAN kwytraak. Bankies voel skielik dat sy ‘n bondgenoot gekry het en haar lewe neem ‘n nuwe wending.
Bankies kry ‘n vriend in die onverwagse vorm van Vincent. Maar Vincent het self ‘n paar geraamtes in die kas wat moet uitkom.
Die ouens en meisies dink aan maniere om Wallies en Lavinia weer te laat versoen. Lavinia gryp in met die geradbraakte Afrikaans op Ratels. Bankies se selfskending ruk hande uit.
Die Ratels-span se fietsry-ekspedisie is verby. Bankies het gewig verloor, maar in die proses sommer ook vir Loekie wat steeds aan geheueverlies ly. Lavinia loop ‘n bloutjie by Wallies.
Met Loekie wat aan geheueverlies ly, is die verlowing tussen hom en Bankies iets van die verlede. Sal Loekie weer sy geheue terugkry? Daar is ook nuus van Jan-Lourens wat deur sy pa verbied is om terug te kom Ratels toe.
Daar is groot spanning tussen Wallies en Lavinia. Boonop het Scrapjaart sy vieslike neus in Radio Rebel gesteek en dreig om die stasie te laat sluit as gevolg van die Ratels-span se Afri-Engels.
Vincent begin ‘n bietjie uithaak en die Ratels-span is bekommerd daaroor. Dan hoor Lavinia ‘n vreemde gegrom uit die bosse. As sy en Vincent nader ondersoek instel, maak hulle ‘n skokontdekking.
Met Bankies en Pauline wat ook geskors is, gryp Wallies in op Vincent se aandrang. Sal hy Lavinia kan oortuig om die skorsings te lig?
Die Ratels-span slaap in ‘n verlate plaashuis waar hulle vreemde geluide hoor soos swaar voetstappe in die gang. Spook dit dalk daar?
Velskoen besluit dat hy nie macho genoeg is vir die fietstoer nie en dat hy die bystandsvoertuig sal bestuur. Lavinia en Wallies berei die Ratels-span voor op die fietstoer.
Nadat Vincent uit die hospitaal ontslaan is, tree hy steeds vreemd op en die Ratels-span wonder of hy nie dalk werklik hondsdolheid opgedoen het nie. Nadat hy omkap, pas Loekie mond-tot mond-asemhaling toe met katastrofiese gevolge.
Die verhouding tussen Vincent en Velskoen is breekbaar gespanne en ‘n geveg kan enige oomblik uitbreek. Drie meisies van die sanggroep, Music Affair, verdwaal en daag by die plaashuis op waar die ouens oornag. Hulle hou ‘n impromptu konsert.
Die Ratels-span is druk besig met hulle fietstoer. Hulle ry tussen Hoedspruit en Phalaborwa op ‘n verlate pad waar allerhande rare dinge met hulle gebeur...
Die fietstoer bereik ‘n hoogtepunt wanneer die Ratels-span bekommerd raak oor die roman wat Velskoen oor hulle skryf. Dan word Velskoen se roman van sy rekenaar af gesteel en alle spore daarvan gewis!
Vincent en Velskoen tel ernstige probleme op. Hulle verf ‘n klaskamer in ‘n township as deel van hulle fietstoer, maar dan keer Vincent ‘n emmer verf op Velskoen uit en die duiwel bars los.
Vincent is van Radio Rebel af geskors en Bankies en Pauline rebelleer daarteen. Dan speel Lavinia haar grootste troefkaart.
Lavinia keer terug Ratels toe en is woedend dat alles so hand uitgeruk het. Velskoen en Vincent het chaos gesaai. En Velskoen voel suur teenoor Wallies.
Pauline en Bankies gaan sonder Lavinia se toestemming Johannesburg toe saam met Wallies. Hulle daag by die huis op van die man wat Wallies gemolesteer het. Dan ontdek hulle iets erg!
Loekie is rasend omdat hy dink Bankies verneuk hom met die aantreklike Wallies. Bankies en Loekie het ‘n ernstige gesprek oor hulle verhouding.
Wallies bieg teenoor Pauline dat ‘n ouer man hom gemolesteer het en dat hy vrees die man is dood. Pauline stel voor dat hulle na die man in Johannesburg gaan soek.
Loekie neem Bankies in ʼn lugballon op om haar van sy liefde te verseker, maar Jan-Lourens se ontbyt met Pauline werk nie so goed uit nie, veral nadat Jan-Lourens haar en Wallies die vorige nag betrap het toe hulle intiem in die ateljee sit en g
Rate

Join Podchaser to...

  • Rate podcasts and episodes
  • Follow podcasts and creators
  • Create podcast and episode lists
  • & much more

Unlock more with Podchaser Pro

  • Audience Insights
  • Contact Information
  • Demographics
  • Charts
  • Sponsor History
  • and More!
Pro Features