Kobus Pretorius, Andre Huisamen en Jacques Joubert kyk na die naweek se Superrugby uitslae en wonder hoekom Akker van der Merwe ligter gestraf word as Schalk Brits vir albei se aandeel in die hoogtepunt van die Bulls se sege oor die Sharks.Dan volg die Engelse Premierliga, waar Liverpool aanhou om sy golf van geluk te ry en sodoende die druk op Manchester City te hou.Ole Gunnar Solskjaer vier sy eerste wedstryd as Manchester United se nuwe voltydse afrigter met a 2-1 sege oor Watford en Chelsea dryf Neil Warnock tot raserny.